VCP / SANTAM Prestige Kleuteratletiek

Ons bied op die 27ste Oktober ‘n kleuteratletiek aan vir voorskoolse kinders.

Indien u wil kom deel in die pret kontak gerus die skool.  Inskrywingsvorm aangeheg.

Inskrywingsvorm2012

Program2012

 

Borgskap

Vyeboom Christelike Privaatskool wil vir SEEFF en Mnr. Morney Hull baie dankie sê vir die borgskap van pragtige nuwe rugbytruie.  Die seuns kan nie wag om volgende jaar daarmee op die rugbyveld te draf nie.

 

Eat your way

VCP se jaarlikse fondsinsameling, nl Eat your way is op hande.  Kom kuier saam met ons.

Mnr Dana Niehaus

Dit is met absolute leedwese dat ons moes afskeid neem van ons geliefde skoolhoof,  Mnr. Dana.  Dit was ‘n voorreg om hom as skoolhoof te kon hê die afgelope 3 jaar.
 
 ‘n Meer opregte en eerlike persoon as hy sou ‘n mens vêr voor moes gaan soek. 
 
Ons gebede gaan in die tyd na sy familie.  Mag God hulle in hierdie tyd op die hande dra en hul ook geestelik versterk.
 
Ons mis Mnr. baie.
 
VCP Personeel, Leerders, Ouers en BHL.
 
 

VCP Jag Kompetisie Wenners

Baie geluk aan die volgende persone wat die wenners is van ons Jaarlikse Jagkompetisie.

1ste Prys – JS de Ridder is die wenner van ‘n Kudu, Gemsbok, Springbok en Rooibok.

2 de Prys – Colleen Neethling, wen ‘n Kudu en ‘n Blesbok en

3 de Prys – Raymond Hose wen 2 Blesbokke.

Die fondsinsameling was ‘n groot sukses.  Ons wil vir elkeen dankie sê wat ‘n kaartjie gekoop het ten bate van VCP se jaarlikse fondsinsamelings.

Dalk is jy volgende jaar die gelukkige wenner.

VCP Jag-Kompetisie

Vyeboom Christelike Privaatskool se jaarlikse Jagkompetisie is weer in volle swang en die jaar se pryse is asvolg:

1ste Prys – 1 x Kudu ; 1 x Gemsbok ; 1 x Springbok ; 1 x Rooibok 

2de prys – 1 x Kudu of 1 x Wildebees ; 1 x Blesbok 

3de prys – 2 x Blesbokke

Die jagkompetisie is ten bate van Vyeboom Christelike Privaatskool se fondsinsamelingsprojekte vir die jaar.                                                                                                                                                  

Sou u belangstel om ‘n kaartjie @ R25 te koop kan u gerus die skool kontak vir verdere besonderhede.

Kompetisie reëls

1 ste Prys – in die Noord-Kaap ; 2 de Prys – in die Oos-Kaap ; 3 de Prys – in die Oos-Kaap.  Wenners wat self wil jag is verantwoordelik vir eie vervoerreëlings en -kostes.  Wenners wat nie self jag nie, kan reëlings tref met :

Pieter Theron – 028 841 4285 of Tom Lesch – 082 334 4905

Pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.  Wenners sal telefonies in kennis gestel word.  Kompetisie sluit 20 April 2012.  Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen onderhandeling sal plaasvind nie.

Entrepreneursdag

Die Graad 1 tot Graad 3′s het op 15 Maart hul entrepreneursdag gehad. 

Groot was die opgewondenheid onder al ons ander leerders oor al die lekkergoed en geskenkies wat hulle kon koop.  Daar was koeldrank, “hotdogs”, roomys, fudge, toffie-appels en nog vele meer.  

Dankie julle almal, ons hoop julle het sakke vol geld gemaak!

Driekamp

5 van ons leerders het op 1 Maart aan die jaarlikse interskole driekamp te L’Agulhas gaan deelneem.  Hulle het hulself baie goed van hul taak gekwyt en ‘n 1ste, 2de, 3de en vierde plek huistoe gebring.  Die o/13-dogter aflosspan het ook stof in die ander meisies se oë geskop en die 1ste plek in diè afdeling behaal.  Baie geluk aan Rezè van der Merwe wat as o/13 Dogter Kampioen aangewys is.  Ons juffrouens het self hul ding gedoen en 3de gekom in die volwasse afdeling aflos, waar hulle deelgeneem het aan spanne met oorwegend mans in.  Dankie Zoetendal Akademie vir ‘n aangename dag.

Skaak

Vrydag, 9 Maart het 6 van ons leerders aan die Suid-Boland skaakproewe op Hermanus deelgeneem.  Ons is baie trots op die volgende 4 leerders wat gekies is om die Suid-Boland span te verteenwoordig.

Philip Theron o/10, Thomas Snyman o/12, Werner de Beer o/14 en Anne Snyman o/14.

Atletiek

Dit kook weer by Vyeboom Christelike Privaatskool op atletiek gebied.  Die volgende atlete van VCP het medaljes verwerf op die WPCSSA se Champ of Champs byeenkoms Saterdag 3 Maart te Parow.

Ed-Ruleen Kondowè – 2 Goud (Spiesgooi en Gewigstoot) 1 Silwer (Verspring) en 1 Brons (100m)

Danèll Theron 2 Silwer (800m en 200m)Sunè Lesch 3 Goud (100m, 200m en 800m)         

Nicola Roux 2 Goud (hoogspring en 1200m)

Philip Theron Goud (1200m)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.