Historiese Oorsig

Die moontlikheid om ‘n privaatskool in Vyeboom te begin, is aleeds sedert 2002 ter sprake, aangesien die groter klasse in staatskole gehalte onderrig op individuele vlak bemoeilik.  In 2004 het die plaaslike staatskool ‘n brief van die Departement van Onderwys ontvang dat die skool die einde van 2004 moet sluit.

Twee weke later word dit teruggetrek.  Die gevolg : dalende leerlinggetal en skoolhoof bedank.  Hoë onderrigkostes en standaard van die opvoedingsvlak motiveer ouers om ‘n onafhanklike skool tot stand te bring.

Op 19 Januarie 2005 begin Vyeboom Christelike Privaatskool met 15 leerders.  Die nuwe onderwysbedeling het voorwaar nuwe uitdagings aan die gemeenskap gestel en met opregte dankbaarheid kan ons getuig van goeie ouerbetrokkenheid en kan ons glo dat ons skool van krag tot krag sal groei.

Op 27 Augustus 2009 betree ons, ons nuutgeboude skoolgebou genestel tussen boorde appel- en peerbome in die vrugbare Vyeboomvallei.

In November 2011 begin ons met ‘n tweede fase bouwerk by die skool.  Twee ekstra klaskamers word aangebou danksy die mildelike skenking ontvang vanaf Oom Tom en Oom Frans Theron van Outol.

In Novemer 2013 is ons weer genoop om uit te brei, en begin die bouwerk met ons derde fase.  Nog twee klaskamers, ‘n rekenaar lokaal, personeelkamer en ontvangs is die keer deel van ons uitbreiding.

Die skool groei van krag to krag en kan ons slegs ons Hemelse Vader dank dat Hy sy hand oor ons skool hou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: